Wednesday, November 17, 2010

Ken jou Finansiële Regte

‘n Mens se eerste salaris is geneig om jou so ‘n bietjie grootkop te gee omdat dit ‘n teken is van finansiële vryheid.


Maar, indien die nodige disipline nie gehandhaaf word nie, val ‘n mens baie maklik in ‘n skuldweb vas – en is dit baie moeilik om weer daar uit te kom !


Probeer eers om ‘n lys van al die huishoudelike uitgawes saam te stel, en maak dan ‘n lys van die paaiemente op kredietooreenkomste wat nog terugbetaal moet word.


‘n Begroting is nie effektief as dit van maand tot maand opgestel word nie, maar moet ‘n paar maande vooruit opgestel word. Onthou ook om voorsiening te maak vir onvoorsiene uitgawes soos herstelwerk aan die motor of huis.


Die volgende stap is dan om die selfbeheersing aan te leer en om by die begroting te hou, maak nie saak wat nie. Vir sommige mense werk die “koevertsisteem” beter as om disipline te kweek. Dit werk so: Die begrote bedrag word in ‘n koevert gebêre en gemerk – byvoorbeeld “brandstofgeld” – en slegs wanneer jy daardie spesifieke uitgawe aangaan, word geld uit daardie koevert gehaal. Bewaar tog net die koevert in ‘n kluis sodat dit nie voete kry nie!








In enige begroting moet daar ook ‘n persentasie begroot word om maandeliks te spaar,. Dit kan op sy beurt aangewend word vir onvoorsiene uitgawes, en skep ruimte vir finansiële vryheid. Later kan aankope kontant gedoen word in plaas van krediet (wat weer ‘n klomp rent en terugbetalings-paaiemente spaar!)


Dit moet darem gesê word dat die skuldweb waarin mense verstrengel raak, nie altyd slegs aan die verbruikers se toedoen te wyte is nie. Oneerlike of onverantwoordelike kredietverskaffing, waardeur oningeligte verbruikers in ‘n skuldwip gevang word, dra ‘n groot mate daartoe by.


Dit word deur die Nasionale Krediet Wet omskryf as roekelose krediet, en sedert 1 Junie 2007 kan daar streng teen die kredietgewers wat hulleself aan reokelose krediet skuldig maak, opgetree word.








Die suksesvolle bestuur van jou krediet en begroting is ‘n deurlopende proses en moet gereelde nagegaan en hersien word om te verseker dat daar nie rekeninge oorgeslaan word, of onnodige rente en agterstalige rente betaal moet word nie. Indien ‘n verbruiker voel dat hy/sy die slagoffer van roekelose krdiet was, of agterkom dat sy/haar begroting nie klop nie kan hy aansoek doen by ‘n skuldberader om hom van professionele advise, en indien nodig skuldberading te voorsien.

Vir meer inligting en gratis advise skakel -
Von Hamman by 012 252 7615 of stuur 'n e-pos na
ids.debt@gmail.com

Tuesday, September 28, 2010

Kattekwaad

Moenie dat jou kredieteure vir jou kwaad word nie, bestuur jou skuld versigtig!!!!

Friday, August 27, 2010

Wat Is Skuldberading?

Wat is skuldberading?

Debt Review of skuldberading is ‘n hersiening van al jou krediet ooreenkomste om nuwe en beter rente koerse en terugbetalings terme te onderhandel. D.w.s jou maandelikse verpligting word minder terwyl jou rente nie ophoop en buitenspoorig raak nie.







Die voordele:


1. Jy kry onmiddelike beskerming van jou krediteure. Die wet  bepaal dat indien iemand aansoek doen vir skuldberading hy/sy onmiddelik vir ten minste 3 maande beskerming kry. Sy/haar kredieteure mag geen invorderings aksie teen hom/haar bring nie.


2. Jy spaar op rente. Ons onderhandel met die krediteure vir beter rente koerse sodat jou maandelikse verpligting minder word.


3. Jou maandlikse paaiement word minder. Met die hersiening van die rente en termyne word jou maandlikse paaiement met tot soveel as 55% minder as wat jy normaal weg sou betaal het.


4. Jou krediet status word herstel. Nadat die laaste paaiement betaal is soos wat in die skuldhersiening ooreengekom is verval die skuldberading en word jou krediet status herstel. Jy stap skoon anderkant uit sonder skuld.


5. Alle krediet ooreenkomste word ingesluit. Van ‘n verband oor ‘n eiendom tot ‘n klere rekening word ingesluit! Alle paaiemente word aangepas.


Die nadele:


1. Vir die tyd wat ‘n person onder formele skuldberading is mag hy geen verder krediet aangaan nie. ( Dit is eintlik ‘n voordeel!)


2. Krediet fasiliteite soos selfoon rekeninge of apteek rekeninge word nie gesien as krediet ooreenkomste nie en is dus uitgesluit. Maar ons help u om ‘n begroting op te stel om voorsiening te aak daarvoor.






Dikwels is mens geneig om die probleem te lank te los omdat dit in ons natuur is om privaat te wees oor ons finansies.

Moet eerder nie wag tot dit te laat is nie. Al ons kliënte word konfidensieel hanteer en dit is glad nie nodig dat u wergewer daarvan hoef te weet nie.

Kontak ons gerus indien u nog inligting verlang.
Tel:  012 252 7615E-pos:  ids.debt@gmail.com
 

Tuesday, August 3, 2010

Inligting

BEGROTINGSWENKE:

1.  Stel 'n goed deurdagte begroting op - en hou daarby.
2.  Maak seker dat spaargeld beskikbaar is vir onvoorsiene omstandighede.

3.  Onthou van noodsaaklike uitgawes wat eenmalig of twee maal per jaar betaal moet word.
4.  Probeer inkopiekoste beperk deur by goedkoper winkels te koopen van spesiale
     aanbiedinge gebuik te maak.

5.  Spaar op brandstofkoste deur 'n saamryklub te stig


KREDIETWENKE:

1.  MOENIE skuld maak tensy dit absoluut nodig is nie!!!
2.  Maak seker van die rentekoers, terugbetalingspaaiement en -termyn voor jy die kontrak
     teken.

3.  Maak seker dat jy die paaiement gemaklik kan bekostig.

4.  Beding die goedkoopste rentekoers deur by meer as een kredietverskaffer aansoek te
     doen.

IDS DIENSTE

Ons spisialiseer in Formele Skuldberading ingevolge die Nationale Kredietwet en is deur die NCR geakkrediteer.

Ons verleen finansiële - en begrotingsadvies aan individue.

Ons staan individue en besighede by met die vrywillige distribusie - en boedeloorgaweproses

INNOVATIVE DEBT SOLUTIONS
51 LUDORFSTRAAT
BRITS


KONTAKBESONDERHEDE:
TEL:  012 252 7614
FAKS:  012 252 7096
E-POS:  ids.debt@gmail.com